Tuesday, October 30, 2007

Die NG kerk en die spreekwoordelike Trojaanse perd

Die berigte, briewe en besluite ten opsigte van ’n sekere morele inklinasie, wat die NG Kerk se Algemene Sinode sitting van 2007 voorafgegaan het en daarna, het betrekking. Die grondslag vir die finale besluit oor homoseksualiteit is geplavei nie net die afgelope paar weke nie, maar dit kom al sedert 2002. Die NG Kerk het nou besluit 2007-06-08, dat die Woord van God nie sentraal is in hulle handel en wandel met God nie.

Dit is duidelik dat die bakens verskuif is van redelike hermeneutiek (Skrifuitleg) tot baie swak hermeneutiek. Professore van vooraanstaande teologiese fakulteite plaas hul handtekeninge op ’n dokument wat vra dat daar teen die gesag van die “Woord” van die Here in beweeg word deur te eis dat openlik homoseksuele predikante toegelaat moet word op die kansel. Duidelik weet hulle nie van beter nie omdat hulle reeds die gesag van die Woord van die Here ondermyn het. Nog erger, die wat van beter weet en toelaat dat hulle dit doen en daarmee wegkom is nog meer aanspreeklik.

Wat vir ’n voorbeeld is dit vir die gewone lidmaat wat hard werk en dan maar net in die kerk se banke wil gaan sit en ’n bietjie verademing ontvang vir ’n moeĆ« siel. Daar is geen onderskeiding nie. Dit nie net van die universiteite se kante af nie maar ook uit die kerk se geledere as ons die 2 keuses beoordeel wat voor die sinode gestaan het na “deeglike” oorweging deur die taakgroep oor homoseksualiteit. Nie eers die 2 de keuse sou staan voor die Skrif, wat hulle hulle so geredelik op beroep nie. Die gesagsliggaam van die NG Kerk het gepraat, 299 teenoor 66, so wat staan die lidmate wat nou uitgelewer is te doen?



http://lifestylec.com/support-files/trojaanseperd.pdf