Sunday, October 7, 2007

Hoe sal ons nou die Trojaanse Perd fnuik?!

Die tyd het gekom dat ons reguit met mekaar praat, die toestand van ons land behoorlik omskryf en die antwoorde in die Woord van die Here soek. Hoe klink dit as iemand die waarheid praat, hoe diep is die indringers al binne in die midde en wie het die moed om hulle te verwyder en die regte dinge te doen om ons weer op dreef te kry?! Hoe lank sal ons nog toelaat dat die wat van beter behoort te weet, net so voort ploeter en die Trojaanse Perd binnenooi terwyl hulle dit buite die poorte moes verbrand het?

1. Dit is belangrik wat ons sê. Hoe toets ons die indringers? Sjibbolet was die uitspraak van die goeie ouens en Sibbolet die uitspraak van die indringers! Dit is baie naby aan mekaar, net soos vandag. Daar is egter net een regte uitspraak! Hulle sal baie woorde hê wat so reg klink, maar luister en toets mooi. Baie ironies dat hulle almal Israeliete was. Hier is baie wat hulle Christene noem maar laat hulle net ‘n bietjie praat.